deur Ruah Koncepts PTY LTD
Die kuns van NIKS DOEN
Ons nooi jou... Sit terug. Haal asem(RUAH). En wees gekoester in die alledaagse.
Welkom by RUAH, waar organies gekweekte kruie op eie bodem, sorgvuldig gedistilleer word tot essensiële olies vir die vervaardiging van eg Suid-Afrikaanse lyfsorgprodukte. Kom beleef “Afrikaan” - wees, skep ‘n bietjie RUAH (asem) en wees gekoester. RUAH is ‘n Hebreeuse Bybelwoord wat verskeie verwante betekenisse het.
Ons Storie
verken
‘n Lyfbotter verryk met RUAH se unieke mengsel van plaaslik vervaardigde essensiële olies en botaniese geure. Dis romerig, vol geur en ‘n ware bederf! Formulasie absorbeer doeltreffend met ‘n langdurige nawerking.
3-5 Besigheidsdae
Beskikbaar in geselekteerde winkels
Die eerste Lavandula is in 2007 op Kasselhoft geplant
Verken
Verken
Blaai deur ons algemene vrae of kontak ons en ons sal jou vrae so gou as moontlik beantwoord.
Besoek RUAH se plaaswinkel of maak ‘n afspraak om deel te wees van ons opwindende aktiwiteite soos om jou eie haartonikum of geurige lyfolie te meng. Kontak ons gerus vir meer inligting of besprekings by: 060 528 4525.
Ek is nie aangetrek as ek nie 'n lyfolie aan my gesmeer het nadat ek gebad het in die aand nie, ek voel skoon hier is nou iets verkeerd. En die roosmalva olie, daardie reuk laat my so voel asof ek in 'n blomtuin is, ek is baie lief daarvoor om 'n paar druppels in my badwater te gooi. Maar eintlik is ek net mal oor die produkte dis heerlik en laat jou gekoester voel. Dankie!
Amelia van Rooyen
RUAH produkte is meer as net 'n roompie, olie of lekkerryk produk. Die geure is hemels met detail en liefde saamgevoeg. Elke RUAH pakkie word met groot opgewondenheid oopgemaak. Dankie vir hierdie hemelse ervaring elke keer as dit gebruik word.
Christa Erasmus DeWet
Julle het 'n baie spesiale produk ontwikkel. Die geure is hemels en ongelooflik verfrissend en sag op jou vel! Elke liewe produk is met soveel detail en liefde saamgesit en so ook die mooi verpakking! Sy hand rus verseker daarop. Dis opreg en eerlik.
In the Garden Flowers
deur Ruah Koncepts PTY LTD
Die kuns van NIKS DOEN
Ons nooi jou... Sit terug. Haal asem(RUAH). En wees gekoester in die alledaagse.
Lees meer
deur Ruah Koncepts PTY LTD
KNUS in die Koue
Hier by RUAH sit ons soms vir 'n oomblik stil. Dankbaar vir die seisoen. Dankbaar vir die natuur wat ons herinner om stadiger te leef. Dankbaar vir die klein rituele wat ons huis, hart en siel koester. Winter nooi ons om nader te skuif – aan mekaar, aan Hom en aan onsself. Om die ketel aan te sit, die kombers nader te trek en weer die eenvoudige mooi van elke dag raak te sien.
Lees meer
deur Ruah Koncepts PTY LTD
Koester die Oomblik
In 'n wêreld wat altyd vinnig beweeg, vergeet ons maklik om net vir 'n oomblik stil te raak. Ons hardloop van afspraak na afspraak, werk deur lang taaklyste en probeer alles vir almal wees. Maar ware rus hoef nie ingewikkeld te wees nie.
Lees meer
deur Ruah Koncepts PTY LTD
Ontdek die krag van RUAH se essensiële olies
Daar is iets besonders aan die geur van die natuur. By RUAH glo ons dat die beste sorg begin by suiwer bestanddele. Daarom vorm essensiële olies die hart van ons Lyf- en Huisreeks – natuurlike geure wat nie net heerlik ruik nie, maar ook elke dag se selfversorgingsrituele verryk.
Lees meer
Sluit nou aan by ons nuusbrief, en wees die eerste om te weet van ons spesiale aanbiedinge en nuwe produkte!