WAT IS ESSENSIËLE OLIES?
Essensiële olies is gekonsentreerde plantekstrakte wat verkry word deur verskillende dele van 'n plant te stoom of te pers om hul natuurlike aromatiese verbindings vas te vang.
Dit neem dikwels verskeie kilogram plantmateriaal om net een klein botteltjie suiwer essensiële olie te vervaardig. Daarom is elke druppel kosbaar en propvol die plant se unieke eienskappe.
WAT MAAK ONS OLIES ANDERS?
By RUAH is kwaliteit essensiële olies ons vertrekpunt.
Ons essensiële olies word van natuurlike plantmateriaal gemaak en hier op ons plaas gedistilleer, wat die hoogste gehalte en suiwerheid verseker.
Ons meng of verdun nie ons olies nie – ons hou dit 100% suiwer, sodat jy die natuur kan ervaar soos dit bedoel is.
HOE KIES MENS DIE REGTE OLIE?
Wanneer jy die geur van essensiële olies inasem, beweeg die aromatiese molekules direk na die brein se emosionele sentrum. Daarom word sekere geure met ontspanning, fokus of verkwikking geassosieer.
Essensiële olies kan ook deur die vel opgeneem word wanneer dit veilig met 'n draerolie gebruik word.
By RUAH het ons hierdie krag van essensiële olies in ons Lyfreeks ingewerk. Elke geur is sorgvuldig saamgestel om 'n unieke ervaring te skep – of jy nou wil ontspan, verfris of jou liggaam bederf.
ONTDEK ONS RUAH-GEURE
🌿 ROOSMARYN & AKASIA
Hierdie vars, kruiegeur is ideaal vir mense wat hou van 'n energieke begin van die dag.
Bekend vir:
-
Stimulerende invryfmiddel
-
Kan haargroei aanwakker
-
Verhoog bloedvloei na bepaalde areas
-
Anti-inflammatoriese eienskappe
-
Pynstillende ondersteuning
-
Insekwerende eienskappe
Verken Roosmaryn & Akasia hier
💜 LAVANDULA, WILDEVY & SUURLEMOEN
'n Sagte, kalmerende geur wat help om balans en rus te bring.
Bekend vir:
-
Kalmerende eienskappe
-
Kan help met ontspanning en slapeloosheid
-
Ondersteun die vel se natuurlike herstel
-
Help om sonbrand te verlig
-
Verlig sinusongemak
-
Verfrissende, skoon sitrus-afwerking
Verken Lavandula hier
🌸 ROOSMALVA, BERGAMOT & TIEMIE
'n Elegante blom- en kruiegeur wat jou vel én sintuie bederf.
Bekend vir:
-
Help om gifstowwe te reinig
-
Bied verligting vir senupyn
-
Bevorder gesonde bloedsomloop
-
Help om vetterige vel te balanseer
-
Hou die vel soepel
-
Verfris en laat die vel gesond lyk
Verken Roosmalva hier
VERKEN ONS LYFREEKS EN ERVAAR DIE VERSKIL
Elke produk in die RUAH Lyfreeks is met sorg ontwikkel om die natuurlike voordele van essensiële olies deel van jou daaglikse ritueel te maak.
Van ons lyfreeks tot huisreeks – ons nooi jou om stadiger te leef, die natuur in te asem en gekoester wees.