Kontak ons
Plaaswinkel & Fabriek Bestuurder
Rina Kasselman
Beskikbaar van 8:00 tot 17:00
Sel: 084 665 4124
E-pos: fabriek@ruah.co.za
Produk Ontwikkeling & Bemarking
Trudi Kasselman
Beskikbaar van 8:00 tot 12:00
Sel: 071 874 6524
E-pos: info@ruah.co.za
Persoonlike Assistent
Francina Jacobs
Beskikbaar van 8:00 tot 13:00
Tel: 060 528 4525
E-pos: hulp@ruah.co.za
Fabriek & Plaaswinkel
So lyk ’n oggend by RUAH:
Besoek Ruah
Met aankoms gaan Trudi of Rina vir julle so bietjie meer oor RUAH en haar herkoms vertel. Ons bedien tee/koffie en elkeen kan smul aan ons lavenderbeskuitjies.
Kyk, op kleinskaal, hoe ons essensiële olie distilleer. Wandel in die Roosmaryn- en Lavenderlandjie, waar jy die mooiste foto’s kan neem. Besigtig ons stoomdistilleerder, fabriek en vertoonwinkel waar die dames produkte kan aankoop. Bogenoemde is gratis, ons vra net dat dames die plaaswinkel ondersteun.
Net soos die pragtige omgewing waarin die kruie verbou word, bied die RUAH plaaswinkel plattelandse sjarme met handgemaakte detail wat jou ’n rukkie laat stil staan om dit te waardeer en te beleef. Kom geniet dus ’n lekker koppie koffie en snuffel deur die besonderse reeks lyf- en huisreeks produkte. Die verpakking is eg Suid-Afrikaans en volwaardig Afrikaans. Met juwele uit die digkuns van DJ Opperman, Eugene Marais en Trudi Kasselman self, word daar op die verpakking met woorde gespeel om ’n tikkie humor en nostalgie te bied.
Die RUAH plaaswinkel is op die N12 tussen Klerksdorp en Wolmaransstad. Draai by die Bona Bona Game Lodge bord af en weer links om die winkel te besoek.
So lyk ’n oggend by RUAH:
Besoek Ruah
Met aankoms gaan Trudi of Rina vir jul so bietjie meer oor RUAH en haar herkoms vertel. Ons bedien tee/koffie en elkeen kan smul aan ons lavenderbeskuitjies.
Kyk, op kleinskaal, hoe ons essensiële olie distilleer. Wandel in die Roosmaryn- en Lavenderlandjie, waar jy die mooiste foto’s kan neem. Besigtig ons stoomdistilleerder, fabriek en vertoonwinkel waar die dames produkte kan aankoop. Bogenoemde is gratis, ons vra net dat dames die plaaswinkel ondersteun.
Meng jou eie geurlike olie
RUAH bied ook die volgende aktiwiteite aan:
- Meng jou eie haartonikum – R140 per persoon
- Meng jou eie spinnekop-aartjie room – R190 per persoon
- Meng jou eie geurlike lyfolie – R275 per persoon
- Meng jou eie geurlike badsout – R170 per persoon
Minimum 5 persone per groep of maksimum 25 persone kan geakkomodeer word. Ons bedien ‘n heerlike cuppuccino en lavandula koekie daarby.
Vir meer inligting of om te bespreek, kontak ons gerus by 060 528 4525. Vir ligte middagetes kan Bona Bona Game Lodge gekontak word by 018 451 1188.
Kinderpartytjies
Wat is dan nou lekkerder as om lekker bederf te word op jou verjaarsdag? Nooi jou maatjies en kom:
- Geniet ’n heerlike voetmassering met RUAH produkte
- Maak julle eie badsout
- Leer om ’n steggie te maak en neem jou plantjie huis toe
- Neem “selfies” saam met jou maats in die lavandula- en roosmarynlande
RUAH bedien ’n heerlike vars vrugtesap en lavender-koekie, maar mamma is verantwoordelik vir die eetgoedjies soos die koek, southappies en ekstra koeldranke. ’n Tafel met ’n wit tafeldoek word verskaf, maar jy kan dit kom versier om by die tema van jou partytjie te pas. Die koste beloop R170 per kind (maksimum 7 maats). Kaartfasiliteite is op die perseel beskikbaar of betaling kan per EFT gedoen word. Besprekings met getalle moet vyf werksdae voor die partytjie gedoen word.
Stuur 'n boodskap
Vul die vorm in en ons sal terugkom na jou.