Ruah Geskenkbewys
Maak iemand se dag spesiaal met ‘n Ruah geskenkbewys.
Hoe werk dit?
• Kies jou gewenste bedrag en voltooi die aankoop.
• Jy sal ‘n e-pos ontvang met die geskenkbewys en ‘n unieke kode.
• Jy kan die e-pos aanstuur aan die ontvanger, of dit self mooi uitdruk en oorhandig.
Hoe gebruik die ontvanger dit?
• Wanneer hulle gereed is om te koop, gebruik hulle die unieke kode by “checkout”.
• Die bedrag van die geskenkbewys sal outomaties van die totaal afgetrek word.
• As die bestelling minder as die geskenkbewys is, bly die oorblywende balans beskikbaar vir volgende aankope.
Belangrik om te weet:
• Die geskenkbewys is slegs aanlyn bruikbaar.
• Dit kan nie vir kontant omgeruil word nie.
• Maak seker jy tik die korrekte e-posadres in by aankoop.
Maklik, vinnig en altyd ‘n wen-geskenk!

Ruah Geskenkbewys
Waarde: R 250.00
Voltooi jou ritueel:
Ons het antwoorde
Vrae?
Kan jy nie die antwoord vind waarna jy soek nie? Gesels met ons vriendelike span.
Waar kan ek RUAH koop?
expand_more
RUAH is verkrygbaar aanlyn by www.ruah.co.za of ’n ambassadeur. Kliek gerus op ons ambassadeurshofie om ’n ambassadeur naaste aan jou te vind.
Hoeveel geurkombinasies het RUAH?
expand_more
RUAH beskik oor 3 kruie geure met elkeen sy eie botaniese geur kombinasies nl.
Lavandula, vermeng met Suurlemoen & Wildevy
Roosmalva vermeng met Bergamot & Tiemie en
Roosmaryn vermeng met Akasia.
Watter geur is die gewildste?
expand_more
Alhoewel Roosmalva ons top verkoper in geur profiel is, is ons Lavandula en Roosmaryn geure net so gewild met laasgenoemde gepas vir die manne.
Is RUAH goed vir ‘n sensitiewe vel?
expand_more
RUAH produkte word vervaardig met goeie gehalte vel gesondheid as hoof kenmerk. Alhoewel sommige kliënte sensitief kan wees vir suiwer essensiële olies, is die % essensiële olie in ons formules van só aard dat dit juis vel gesondheid promoveer. Ons produkte is vry van parabens, aluminium en petrolatum.
Is dit veilig om RUAH produkte te gebruik tydens swangerskap?
expand_more
Ja, RUAH lyfsorg produkte is veilig om te gebruik tydens swangerskap aangesien daar selgs ’n klein % essensiële olie in ons formulasies is.
Suiwer, onverdunde essensiële olie kan wel prikkelbaarheid veroorsaak by swanger vroue - raadpleeg dadelik jou naaste mediese sentrum indien ’n reaksie ontwikkel.
Waar word RUAH produkte gemaak?
expand_more
Hier by RUAH verbou ons organiese kruie wat gedistilleer word tot geurige essensiële olie nl. Lavandula en Roosmaryn. Ons ondersteun graag Suid-Afrikaanse boere en koop dus Roosmalva essensiële olie in van Natal.
Daarna word ons essensiële olie na ’n laboratorium gestuur waar ons lyfsorg produkte geformuleer en produseer word in losmaat. All produkte word hier by RUAH fabriek gebottelleer.
Wat as my bestelling ’n verjaardag geskenk vir iemand is?
expand_more
RUAH bied jou die opsie waar jy kan kies of jou bestelling vir jouself is of dien as geskenk gedurende die bestellingsproses aanlyn. Ons geskenkbokse word verpak met unieke versiering en ’n kaartjie waarop jy ’n boodskap kan laat.