Plaaslik Verbou

Plaaslik Gedistilleer

Plaaslik Verpak

chevron_left chevron_right

Waar dit begin het

Die verhaal van RUAH begin met die eerste lavandula (laventel)- en roosmarynoes wat vroeg in 2007 ryp op die lande van Kasselhoft Landgoed staan. Dit is die verwesenliking van ’n jarelange droom. Om kruie, wat op eie bodem verbou is, te distilleer tot essensiële olies eie aan Suid-Afrika. So, met die eerste olie wat uit die stoomdistilleerder drup, is RUAH in die hartjie van die Noordwes provinsie in die lewe geroep. Dit is ʼn droom gebore in die hart van Trudi en Rina Kasselman. ʼn Droom gekoester en gegroei tot ʼn suksesvolle en uiters gewilde reeks lyfsorg- en kruieprodukte.

Ons Kruie

RUAH beteken asem en vir baie kliënte wat al met RUAH produkte vertroud geraak het bied die bekende drie-kruiereeks ʼn lafenis, asemskep en koestering. Die lavandula en roosmaryn word op Kasselhoft Landgoed self verbou en twee keer per jaar geoes. Die hele roosmarynplant word gebruik om olie te vervaardig, terwyl net die blom van die lavandula gedistilleer word tot die baie veelsydige en gewilde lavandula olie. Roosmalva olie word aangekoop by ander kruieboere in Suid-Afrika en op die manier ondersteun ons ook ander kruieliefhebbers en word daar verseker dat olies plaaslik verbou en natuurlik geëkstraheer word.

chevron_left chevron_right

Gemeng met botaniese geure:

Lavandula, Wildevy & Suurlemoen

  • Dit het baie kalmerende eienskappe
  • Help vir slapeloosheid
  • Lavandula het teen virale eienskappe
  • Bevorder selgroei
  • Help vir brandwonde en verlig sonbrand
  • Dit verlig hartkloppings en sinus – sit ’n paar druppels suiwer Lavandula olie op ’n snesie en asem dit in

Hierdie unieke reeks beweeg effens weg van die tradisionele kombinasie van Lavandula met blomgeure. Groen vyeblare wat kraak tussen jou vingers en die sproei van ’n vars uitgedrukte suurlemoen ontlok herinneringe van ʼn ongekompliseerde “plaaslewe”. Lavandula daarby gevoeg bied dan die rustige element wat die prentjie voltooi.

chevron_left chevron_right

Gemeng met botaniese geure:

Roosmaryn & Akasia

Roosmaryn is ’n immergroen struik waarvan die olie ’n vars en meer delikate kanfergeur bied. Voordele van die olie is dat dit konsentrasie bevorder en sommige studies wys selfs dat dit breinveroudering teenwerk.

  • Dit is ’n stimulerende invryf middel vir artritis
  • Word gebruik as ’n haartonikum wat groei aanwakker en kleur herstel
  • Verhoog bloedvloei na bepaalde area
  • Anti-inflammatories
  • Pynstillend
  • Insekwerend

Beide man en vrou sal aanklank vind by hierdie vars en skoon geur. Hiermee bring RUAH hulde aan haar direkte omgewing waar baie verskillende spesies akasiabome groei. Eenkeer per jaar, net na die somerreën, word die bos besprinkel met geel akasia klokkies wat ’n heerlike sagte soet geur versprei. Akasia gemeng met Roosmaryn sal jou verras en jou ontvoer na ’n plek waar Afrika se sonsak jou gaan bederf.

chevron_left chevron_right

Gemeng met botaniese geure:

Roosmalva, Bergamot & Tiemie

Roosmalva bied verligting vir senupyn en is ʼn wonderlike velsorgmiddel, doeltreffend vir alle veltipes. Die olie het ʼn besonderse blomgeur met ʼn kalmerende effek.

  • Dit help om die liggaam van gifstowwe te reinig
  • Bied verligting vir senupyn
  • Gee jou bloedsomloop ’n hupstoot
  • Balanseer vetterige afskeiding van die vel
  • Hou die vel soepel
  • Dit is ’n goeie reiniger en verlewendig bleek vel

Hierdie is die sagste van die drie geure en dit is veral die Roosmalva se kombinasie van sitrus- en roosgeure wat ʼn sagte, warm aroma bied. RUAH het hierdie roosgeur gekomplimenteer met tone van bergamot en tiemie sodat jou lyf soetkens bederf kan word.

chevron_left
chevron_right

Ons hart

Die RUAH waardes

Beskikbaar in jou Huistaal

Ons wil hê jou ervaring moet persoonlik en toeganklik wees, daarom is alle produkte, etikette en kommunikasie beskikbaar in Afrikaans, jou taal, vir maklike begrip en genot.

Plaaslik, Organies Vervaardig

Elke produk word met die grootste sorg en toewyding op eie bodem organies vervaardig om kwaliteit, varsheid en die natuurlike essensie van die produk te waarborg.

100% Parabenvry

Ons sorg vir jou vel en jou gesondheid. Al ons produkte is parabenvry, want dit vermy chemikalieë wat die vel kan irriteer en jou liggaam kan beïnvloed.

Nie Getoets op Diere

Ons glo in medelye en etiese praktyke. Daarom word geen van ons produkte op diere getoets nie, sodat jy met ’n skoon gewete dit kan gebruik en ondersteun.

Trudi en Rina Kasselman - mede-eienaars van RUAH

“Vir my is RUAH ʼn vrou. Natuurlik was sy eers pasgebore, ʼn pienkvoet, toe ʼn tiener vol dinge en geite, maar nou is sy volwaardig vrou. Geplant langs ʼn stroom van lewende water, haar wortels diep en haar gesig verkieslik na die son gedraai! Sy blom waar sy geplant word! Sy word bederf deur almal se entoesiasme, ondersteuning en heerlike glimlagte. Sy put haar inspirasie uit die tyd en plek waar sy is! Ons wekroep: “Wees gekoester” is RUAH se kreet vir elke vrou, elke vriendin, elke ma, elke dogter! Ons kan tog te vinnig opgeslurp raak in die alledaagse gejaag na wind. Hier wil ons met elke woord wat jy op ons produkte raak lees vir jou weer rus gee, vrede gee, tyd gee! RUAH glo dat Gees-geïnspireerde woorde die krag het om gedagtes te verander. Gedagtes bepaal ons dade en dade bepaal ons toekoms. Mag jou toekoms, liewe RUAH vriendin, voor jou uitstrek met vreugde, geur en reikhalsende verwagting.” 

Agter van links na regs:  Trudi, Francina, Marlene, Maria, Magriet, Anna | Voor van links na regs:  Rina, Rebecca

Sorgvuldig Verpak

Elke bestelling word met sorg deur ons span verpak, sodat jou produkte veilig en in perfekte toestand by jou aankom. Ons glo dat elke pakkie dieselfde aandag en deernis verdien as wat ons aan die maak van die produkte self gee.