Ons Kruie - Ou winkel

Ons Kruie
Our Herbs

Lavendula
Lavendula
Lavender

Die essensiële olie van lavendula het geen bekendstelling nodig nie. Dit word al eeue lank gebruik as `n ontspanningsmiddel. Hier op Kasselhoft Landgoed plant ons Lavendula x intermedia “Abrialie”.

  • Dit het baie kalmerende eienskappe.
  • Help vir slaaploosheid.
  • Lavendula het teen virale eienskappe.
  • Bevorder sel groei.
  • Help vir brandwonde en verlig sonbrand.
  • Dit verlig hartkloppings en sunis– sit ʼn paar druppels suiwer laventel olie op ʼn snesie en asem dit in.

Lavender essential oil needs no introduction. It has been used throughout the ages as a calming agent.

Roosmaryn
Roosmaryn
Rosemary

Ons moet bely dat hoewel lavendula ons eerste liefde is, roosmaryn ons harte gesteel het! Kasselhoft se roosmaryn groei besonders goed – ek dink die kombinasie van klimaat en grondsoort doen wondere vir ons plante. Ons spot dikwels, dat ons graag die Noordwes eersdaags met roosmaryn in plaas van mielies en sonneblom geplant wil sien! Die essensiële olie van roosmaryn het die volgende eienskappe:

  • Uitstaande insektedoder.
  • 'n Antiseptiese middel wat steeds vandag gebruik word vir die smeer van wonde en skrape.
  • ‘n Anti-inflammatoriese middel wat gebruik word vir artritis en kroniese pyn.
  • Doeltreffende kuur vir sirkulasie- en bloeddrukprobleme
  • Stimuleer haargroei, help vir skilfers en ander kopvel probleme.
  • Daar word huidig studies gedoen op Roosmaryn as medikasie vir die verbetering van geheue en konsentrasievermoë (dus ‘n kuur vir Alzheimersiekte).

We have to confess that although lavender is our first love, rosemary stole our heart. At Kasselhof rosemary grows very well and it could be attributed to the combination of climate and terrain that does wonders for our plants. We often joke that we want to see the North West covered in rosemary instead of sunflowers or maize. The essential oil of rosemary has the following properties:

  • Excellent insect repellent.
  • Antiseptic agent.
  • Anti-inflammatory agent used for arthritis and chronic pain.
  • Used for blood circulation and blood pressure problems.
  • Stimulates hair growth and treats dandruff and other scalp conditions.
  • Current studies are pursued to investigate rosemary’s role in the improvement of memory and concentration (Alzheimer’s disease).
Roosmalva
Roosmalva
Rose Geranium

Roosmalva essensiële olie het `n wonderlike groen blomgeur wat tegelyk kalmerend en stimulerend is. Dit het `n balanserende effek op die vel en is daarom doeltreffend op alle vel tipes. Ons gebruik dit graag in ons produkte vir die soet blomgeur en die reinigings-eienskappe. 

  • Dit help om die liggaam van gifstowwe te reinig.
  • Bied verligting vir senupyn.
  • Gee jou bloedsomloop ʼn hupstoot.
  • Balanseer die vetterige afskeiding van die vel.
  • Hou die vel soepel.
  • Dit is ʼn goeie reiniger en verlewendig  bleek vel.

Rose Geranium essential oil has a lovely green flower aroma that’s both calming and stimulating. It has a balancing effect on the skin and is therefore suitable to all skin types. We use it in our products for its sweet bouquet aroma and cleansing properties. It’s also used for the treatment of cellulite and eczema.

Distillasie proses

Ons gebruik stoom-distillasie om olies uit die plante te onttrek. Die proses word as volg toegepas:

  • Plantmateriaal word goed in `n stoomdistillasiepot vasgedruk.
  • Stoom word gegenereer en teen `n sekere druk en temperatuur deur die plantmateriaal gestoot. Die proses duur sowat 15 tot 20 minute per 4kg plantmateriaal.
  • Die stoom word dan in die verkoelingselement afgekoel.
  • Kondensasie vind plaas en die vloeistof word in ‘n pipet opgevang.
  • Hierdie vloeistof bestaan uit die olie en gegeurde water of die “Hydrosol”.
  • Die olie word vervolgens van die water geskei.
  • Sowat 4kg plant materiaal lewer 25ml essensiële olie.
  • Hierdie olie word in ‘n digte, koel en donker plek gestoor.
  • Omdat al die chemiese verbindings baie nuut is, volg daar ‘n rypwordingsproses van ongeveer 15 tot 20 dae. Dan is die kwaliteit van die olie op sy beste.
Distillation process

We use steam distillation to extract oil from the plants. The process is as follows:

  • Plant material is pressed into steam distillation pot.
  • Steam gets generated and pushed through the plant material at a certain temperature and pressure. This takes between 15-20 minutes per 4kg of plant material.
  • The steam then cools down in the cooling element.
  • Condensation takes place and the liquid is captured in a pipet.
  • This liquid distillate contains oil and floral waters which is known as hydrosols.
  • The oil then gets separated from the water.
  • About 4kg of plant material produces 25ml essential oil.
  • The oil is stored in a cool and dry area.
  • Due to all the new chemical compounds, there is a period of ripening from between 15-20 days after which the quality of the oil is at its best.

 

Ons Kruie (4)
Ons Kruie (5)
Ons Kruie (6)